67. En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee;
68. en Jókmeam met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld,
69. en Ájalon met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld;
70. en uit die halwe stam van Manasse: Aner met sy weiveld, en Bíleam met sy weiveld — vir die geslag van die ander seuns van Kehat.
71. Aan die seuns van Gersom uit die geslag van die halwe stam van Manasse: Golan in Basan met sy weiveld, en Ástarot met sy weiveld;
72. en uit die stam van Íssaskar: Kedes met sy weiveld, Dáberat met sy weiveld,
73. en Ramot met sy weiveld, en Anem met sy weiveld;
74. en uit die stam van Aser: Masal met sy weiveld, en Abdon met sy weiveld,