52. Mérajot sy seun, Amárja sy seun, Ahítub sy seun,
53. Sadok sy seun, Ahímaäs sy seun.
54. En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied — aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot.
55. Aan hulle dan is gegee: Hebron, in die land Juda, met sy weiveld daar rondom;
56. maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee.
57. En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan,
58. en Hiles met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,
59. en Asan met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld;
60. en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Ánatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede.
61. En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot.
62. En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Íssaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede.
63. Aan die seuns van Merári volgens hulle geslagte uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede.
64. En die kinders van Israel het aan die Leviete die stede met hulle weiveld gegee:
65. hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Juda en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het.
66. En aan die ander uit die geslagte van die seuns van Kehat — die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim.
67. En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee;