46. die seun van Amsi, die seun van Bani, die seun van Semer,
47. die seun van Magli, die seun van Musi, die seun van Merári, die seun van Levi.
48. En hulle broers, die Leviete, was bestemd vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God.
49. Maar Aäron en sy seuns het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste en om versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het.
50. En dit is die seuns van Aäron: Eleásar was sy seun, Pínehas sy seun, Abisúa sy seun;
51. Bukki sy seun, Ussi sy seun, Serágja sy seun,
52. Mérajot sy seun, Amárja sy seun, Ahítub sy seun,
53. Sadok sy seun, Ahímaäs sy seun.
54. En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied — aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot.
55. Aan hulle dan is gegee: Hebron, in die land Juda, met sy weiveld daar rondom;
56. maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee.
57. En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan,
58. en Hiles met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,
59. en Asan met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld;
60. en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Ánatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede.
61. En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot.