1 Kronieke 5:9-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. En teen die ooste het hy gewoon tot by die ingang na die woestyn, van die Eufraatrivier af; want hulle vee het baie geword in die land Gílead.

10. En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer met die Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead.

11. EN die seuns van Gad het teenoor hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.

12. Joël was die hoof, en Safam die tweede in rang, en Jaénai en Safat, in Basan.

13. En hulle broers volgens hulle families was: Mígael en Mesúllam en Seba en Jórai en Jáekan en Sia en Eber, sewe.

14. Dit was die seuns van Abígail, die seun van Huri, die seun van Jaróag, die seun van Gílead, die seun van Mígael, die seun van Jesísai, die seun van Jagdo, die seun van Bus.

15. Ahi, die seun van Ábdiël, die seun van Guni, was die hoof van hulle families.

16. En hulle het gewoon in Gílead, in Basan en in sy onderhorige plekke en in al die weivelde van Saron tot waar dit ophou.

1 Kronieke 5