1 Kronieke 5:20-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.

21. En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftigduisend; tweehonderd-en-vyftigduisend stuks kleinvee en tweeduisend esels en honderdduisend mense.

22. Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van God was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe.

23. EN die seuns van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie.

24. En dit was die hoofde van hulle families, naamlik: Efer en Jíseï en Éliël en Ásriël en Jeremia en Hodáwja en Jagdíël, manne, dapper helde, manne van naam, hoofde van hulle families.

25. Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer.

26. Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe.

1 Kronieke 5