19. En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab;
20. en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.
21. En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftigduisend; tweehonderd-en-vyftigduisend stuks kleinvee en tweeduisend esels en honderdduisend mense.
22. Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van God was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe.
23. EN die seuns van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie.