7. En die seuns van Hélea was: Seret, Jesóhar en Etnan.
8. En Kōs was die vader van Anub en Hassobéba en van die geslagte van Ahárhel, die seun van Harum.
9. En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
10. En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.