1 Kronieke 4:27-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie seuns gehad nie; en hulle hele geslag het nie so vermeerder soos die seuns van Juda nie.

28. En hulle het gewoon in Berséba en Mólada en Hasar-Sual

29. en in Bilha en Esem en Tolad

30. en in Bétuel en Horma en Siklag

31. en in Bet-Márkabot en Hasar-Susim, en Bet-Bíreï en Saäráim; dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.

32. En hulle dorpe was: Etam en Ajin, Rimmon en Togen en Asan, vyf stede;

33. en al hulle dorpe wat in die omtrek van hierdie stede was, tot by Baäl; dit was hulle woonplekke, en hulle het hul geslagsregister gehad.

34. En Mésobab en Jamleg en Josa, die seun van Amásia,

35. en Joël en Jehu, die seun van Josíbja, die seun van Serája, die seun van Ásiël,

36. en Eljoënai en Jaäkóba en Jesohája en Asája en Ádiël en Jesímiël en Benája

37. en Sisa, die seun van Sífeï, die seun van Allon, die seun van Jedája, die seun van Simri, die seun van Semája —

38. die wat hier met hulle naam opgegee is, was vorste in hulle geslagte, en hulle families het sterk vermeerder.

39. En hulle het getrek tot by die ingang na Gedor, tot oostelik van die dal, om weiveld vir hulle kleinvee te soek.

40. En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;

1 Kronieke 4