1 Kronieke 4:22-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. verder Jokim en die manne van Koséba en Joas en Saraf — hulle wat oor Moab geheers het — en Jasubi-Léhem; maar die geskiedenisse is oud.

23. Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netáim en Gedéra; daar het hulle gebly by die koning in sy diens.

24. DIE seuns van Símeon was: Némuel en Jamin, Jarib, Serag, Saul;

25. Sallum was sy seun; Mibsam was sy seun; Misma was sy seun.

26. En die seuns van Misma was: Hámmuel, sy seun, Sakkur, sy seun, Símeï, sy seun.

27. En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie seuns gehad nie; en hulle hele geslag het nie so vermeerder soos die seuns van Juda nie.

28. En hulle het gewoon in Berséba en Mólada en Hasar-Sual

29. en in Bilha en Esem en Tolad

30. en in Bétuel en Horma en Siklag

1 Kronieke 4