23. En die seuns van Hebron: Jería, die eerste; Amárja, die tweede; Jahásiël, die derde; Jekámeam, die vierde.
24. Die seuns van Ússiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.
25. Die broer van Miga was Jissía; van die seuns van Jissía: Sagaría.
26. Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsía.
27. Die seuns van Merári deur sy seun Jaäsía was Soham en Sakkur en Hibri.
28. Van Magli: Eleásar; dié het geen seuns gehad nie.
29. Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jerágmeël.
30. En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.
31. En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.