1 Kronieke 23:7-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Van die Gersoniete: Láedan en Símeï.

8. Die seuns van Láedan was: die hoof Jéhiël en Setam en Joël, drie;

9. die seuns van Símeï was: Selómit en Hasíël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van Láedan.

10. En die seuns van Símeï was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeï.

11. En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam ’n familie, een klas gevorm het.

1 Kronieke 23