1 Kronieke 23:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt-en-dertigduisend man.

4. Van hulle moet vier-en-twintigduisend toesig hou oor die werk in die huis van die Here en sesduisend opsigters en regters wees;

5. en vierduisend poortwagters en vierduisend lofsangers tot eer van die Here met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.

6. En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

1 Kronieke 23