1 Kronieke 23:14-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.

15. Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;

16. die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.

17. En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;

18. die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;

19. die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;

20. die seuns van Ússiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;

21. die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.

22. En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.

23. Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.

24. Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die Here gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.

25. Want Dawid het gesê: Die Here, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;

26. so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.

27. (Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)

1 Kronieke 23