12. Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ússiël, vier.
13. Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die Here, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
14. En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.
15. Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;
16. die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.