1. EN hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met sy onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem.
2. Hy het ook die Moabiete verslaan, sodat die Moabiete Dawid se belastingpligtige knegte geword het.
3. Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig.