1 Kronieke 16:9-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

10. Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die Here soek, bly wees.

11. Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

12. Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,

13. o nageslag van Israel, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!

1 Kronieke 16