1 Kronieke 15:6-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, tweehonderd-en-twintig;

7. van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd-en-dertig;

8. van die seuns van Elísafan: Semája, die owerste, en sy broers, tweehonderd;

9. van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;

10. van die seuns van Ússiël: Ammínadab, die owerste, en sy broers, honderd-en-twaalf.

11. En Dawid het Sadok en Ábjatar, die priesters, en die Leviete Úriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Ammínadab laat roep

12. en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die Here, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.

13. Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die Here onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.

1 Kronieke 15