5. van die seuns van Kehat: Úriël, die owerste, en sy broers, honderd-en-twintig;
6. van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, tweehonderd-en-twintig;
7. van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd-en-dertig;
8. van die seuns van Elísafan: Semája, die owerste, en sy broers, tweehonderd;
9. van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;
10. van die seuns van Ússiël: Ammínadab, die owerste, en sy broers, honderd-en-twaalf.
11. En Dawid het Sadok en Ábjatar, die priesters, en die Leviete Úriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Ammínadab laat roep
12. en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die Here, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.