1 Kronieke 15:3-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die Here te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.

4. En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:

5. van die seuns van Kehat: Úriël, die owerste, en sy broers, honderd-en-twintig;

6. van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, tweehonderd-en-twintig;

7. van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd-en-dertig;

8. van die seuns van Elísafan: Semája, die owerste, en sy broers, tweehonderd;

9. van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;

10. van die seuns van Ússiël: Ammínadab, die owerste, en sy broers, honderd-en-twaalf.

1 Kronieke 15