1 Kronieke 14:9-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.

10. Toe het Dawid God geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En die Here het aan hom gesê: Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee.

11. En toe hulle optrek by Baäl-Pérasim, het Dawid hulle daar verslaan, en Dawid het gesê: God het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hulle dié plek Baäl-Pérasim genoem.

12. En hulle het hul gode daar agtergelaat; en Dawid het bevel gegee, en hulle is met vuur verbrand.

13. Maar die Filistyne het hulle nog weer in die dal versprei.

1 Kronieke 14