22. Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit ’n groot leër was soos ’n leër van God.
23. EN dít is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die Here.
24. Die seuns van Juda wat skild en spies gedra het, was sesduisend-agthonderd, gewapend vir oorlog;
25. van die seuns van Símeon, dapper helde vir krygsdiens, seweduisend-eenhonderd;
26. van die seuns van Levi, vierduisend-seshonderd;
27. en Jehójada, die bevelhebber van die Aäroniete, en saam met hom drieduisend-sewehonderd;
28. en Sadok, ’n jongman, ’n dapper held, met sy familie: twee-en-twintig owerstes;
29. en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drieduisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly;
30. en van die seuns van Efraim, twintigduisend-agthonderd, dapper helde, manne van naam in hulle families;
31. en van die halwe stam van Manasse agttienduisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak;