12. Jóhanan, die agtste, Élsabad, die negende;
13. Jeremia, die tiende, Magbánnai, die elfde.
14. Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, een teen duisend.
15. Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste.
16. En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom,
17. het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie — mag die God van ons vaders dit dan sien en straf!