1 Kronieke 11:24-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het ’n naam gehad onder die drie helde.

25. Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

26. En die dapper helde was: Ásahel, die broer van Joab, Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

27. Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet;

28. Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser, die Anatotiet;

29. Síbbegai, die Husatiet; Ílai, die Ahohiet;

30. Máharai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet;

31. Ítai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; Benája, die Pireatoniet;

32. Húrai, uit Nahale-Gaäs, Abíël, die Arabatiet;

33. Asmáwet, die Baharumiet; Éljagba, die Saälboniet.

34. Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: Jónatan, die seun van Sage, die Harariet;

35. Ahíam, die seun van Sagar, die Harariet; Elífal, die seun van Ur;

36. Hefer, die Megeratiet; Ahía, die Peloniet;

1 Kronieke 11