1 Korinthiërs 9:13-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?

14. So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.

15. MAAR ék het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf dít nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel.

16. Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!

17. Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ’n rentmeesterskap aan my toevertrou.

18. Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

19. Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.

1 Korinthiërs 9