1 Korinthiërs 9:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IS ek nie ’n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?

2. As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.

3. My verantwoording aan die wat my beskuldig, is dít:

4. Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?

5. Het ons dan geen reg om ’n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie?

6. Of het net ek en Bárnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?

7. Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ’n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ’n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?

8. Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie?

1 Korinthiërs 9