1. IS ek nie ’n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?
2. As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.
3. My verantwoording aan die wat my beskuldig, is dít:
4. Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?
5. Het ons dan geen reg om ’n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie?
6. Of het net ek en Bárnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?