1 Korinthiërs 7:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MET betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het — dit is goed vir ’n man om ’n vrou nie aan te raak nie.

2. Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.

3. Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.

4. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.

5. Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ’n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

6. Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.

1 Korinthiërs 7