1 Korinthiërs 3:15-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

16. Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

17. As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

1 Korinthiërs 3