1 Konings 7:9-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Dit was alles van kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, aan die binne- en buitekant met die saag bewerk, naamlik van die fondament af tot by die muurplate, en van die buitekant af tot by die groot voorhof.

10. En die fondament was van kosbare klippe, groot klippe, klippe van tien el en klippe van agt el.

11. En daar bo-op was kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, en sederhout.

12. En die groot voorhof was rondom van drie lae gekapte klip en ’n laag sederbalke, net soos by die binneste voorhof van die huis van die Here en by die saal van die paleis.

13. En koning Salomo het Hiram uit Tirus laat haal.

14. Hy was die seun van ’n weduvrou uit die stam van Náftali, en sy vader was ’n man van Tirus, ’n kopersmid; en hy was vol wysheid en verstand en kennis om allerhande werk in koper te maak. Hy het toe by koning Salomo gekom en al sy werk uitgevoer.

15. HY het naamlik die twee pilare van koper gevorm; agttien el was die hoogte van die een pilaar, en ’n lyn van twaalf el kon die tweede pilaar omspan.

1 Konings 7