1 Konings 4:32-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. En hy het drieduisend spreuke uitgespreek, en sy liedere was duisend-en-vyf.

33. En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.

34. En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.

1 Konings 4