1 Konings 20:8-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Maar al die oudstes en die hele volk antwoord hom: Luister nie, en u mag nie inwillig nie.

9. Daarom het hy aan die boodskappers van Bénhadad gesê: Sê aan my heer die koning: Alles wat u die eerste keer u dienaar laat weet het, sal ek doen; maar hierdie ding kan ek nie doen nie. En die boodskappers het weggegaan en hom antwoord gebring.

10. Daarop laat Bénhadad hom weet: Mag die gode so aan my doen en so daaraan toedoen — die puin van Samaría is nie genoeg vir die holle hande van al die manskappe wat my voetstappe volg nie!

11. Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie.

1 Konings 20