32. En daar was oorlog tussen Asa en Baésa, die koning van Israel, al hulle dae.
33. In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Baésa, die seun van Ahía, oor die hele Israel koning geword in Tirsa, vier-en-twintig jaar lank.
34. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en gewandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.