1 Johannes 5:7-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

8. en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.

9. As ons die getuienis van die mense aanneem — die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het.

10. Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.

1 Johannes 5