1 Johannes 4:11-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

12. Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

13. Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

14. En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

1 Johannes 4