1 Johannes 3:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

4. Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.

5. En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.

6. Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.

7. My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.

8. Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

1 Johannes 3